Short Term Renewal Personal.

Complete the form below to enable us to calculate your renewal

    DANKIE DAT U HIERDIE BELANGIKE STAP NEEM OM U POLISDOKUMENT NA TE GAAN. LET ASB. OP DIE VOLGENDE BELANGRIKE INLIGTING VOOR U BEGIN.

    Dit is belangrik dat u, u polisskedule deeglik sal bestudeer om seker te maak dat die dekking, versekerde bedrae en persoonlike detail, soos in die skedule aangedui korrek is. Dit is uiters belangrik om ons in kennis te stel van enige foute aangesien dit ernstige implikasies kan inhou en selfs tot die afwys van eise mag lei.

    Maak asseblief seker dat die versekerde bedrae van die onderskeie afdelings en items genoegsaam is om vervangingswaarde te delg. Die versekerde bedrae van huisinhoud asook huiseienaars word wel jaarliks met inflasie aangepas. Dit bly steeds wys om die waardes te hersien ten spyte van hierdie aanpassing. Premies op sekere items is ook verhoog weens marktoestande of indien u die afgelope jaar eise gehad het. Die volgende riglyne behoort u te lei om u polisdokument na te gaan (maak asseblief seker dat u, u polisdokument byderhand het om onderstaande inligting na te gaan):

    VOLTOOI ASSEBLIEF:



    ADRES EN PERSOONLIKE BESONDERHEDE:


    Inligting wat opgedateer moet word:

    HUISINHOUD:
    Minimum vereistes vir diefstal dekking by u huis is veiligheidsdeure voor alle buite deure en diefwering voor alle oopmaak vensters of alternatiewelik, ‘n geaktiveerde gekoppelde alarm stelsel met 24 uur gewapende gevolg. Indien beide genoteer is, moet aan beide voldoen word.


    Indien nie korrek nie, lys asseblief u huidige vorm van sekuriteit (bv. Diefwering & veiligheidsdeure voor buite deure, gekoppelde alarmstelsel met 24 gewapende gevolg) en/of die tekort aan sekuriteit:

    Versekerde bedrag:
    Versekeraars verwag toenemend dat eienaarskap van items bewys moet word in geval van diefstal of inbraak. Dit is dus wys om aankoopbewyse van veral waardevolle items, te bewaar. Waardasie sertifikate van juweliersware (nie ouer as twee jaar nie) is ‘n noodsaaklik bewys in geval van ‘n eis. Dit is ook noodsaaklik om op ‘n gereelde basis met behulp van ‘n inventaris die korrekte versekerede bedrag te bereken om te verhoed dat u onderverseker is.


    Indien nie korrek nie, dui asseblief die korrekte bedrag aan (indien onseker, gebruik hierdie inventaris om die korrekte bedrag te bereken):

    Opsionele dekking beskikbaar (merk indien u graag die opsie wil opneem):



    HUISEIENAAR VERSEKERING (GEBOUE):




    Die bedrag moet verander na:

    Opsionele dekking beskikbaar (merk indien u graag die opsie wil opneem):


    MOTOR AFDELING:
    Santam se administrasie stelsel is gekoppel aan ‘n nasionale voertuig waardasie stelsel en dit is daarom belangrik om seker te maak dat u voertuig se beskrywing korrek is. Hulle pas voertuie se versekerde waardes outomaties aan na die huidige redelike herverkoopwaarde met hernuwing, indien beskikbaar op hulle stelsel. Indien u by ‘n ander versekeraar is, is dit belangrik om self die waarde na te gaan en ons van enige veranderinge in kennis te stel.

    Voertuigbeskrywing:

    Gebruik klas:
    “Privaat Gebruik” is vir sosiale doeleindes en na en van werk. “Besigheids Gebruik” is vir wanneer kliënte of persele besoek word of u voertuig gebruik word vir enige ander werk doeleindes.

    Ekstra items:
    Indien u voertuig met ekstra items toegerus is wat die waarde mag verhoog (bv sleepstang, allooi wiele, kappie ens), moet dit gelys word met ‘n waarde.


    Diefstaldekking:
    Maak asseblief seker dat u voertuig toegerus is met ‘n VESA VLAK 3 of 4 immobiliseerder om vir diefstal dekking te kwalifiseer. Hierdie opmerking is veral van toepassing op ouer voertuie waar soortgelyke sisteme nie ‘n standaard installasie is nie.

    Voertuigwaarde:
    Maak seker dat u voertuig vir die regte waarde verseker is, deur die waarde daarvan (met inagneming van kilometers, toestand, ekstras ens.) te bereken. Santam kliënte kan registreer op Santam se webtuiste om toegang tot hulpmiddels te kry om die berekening te doen. Kliënte by ander versekeraars is welkom om ons te kontak om u by te staan met die berekening.


    Opsionele dekking beskikbaar (merk indien u graag die opsie wil opneem):

    ALLE RISIKO AFDELING:
    Waardevolle items wat aan u gedra word of normaalweg uit die huis geneem word, moet gespesifiseer word om dekking te geniet. Daar kan nie vir hierdie items onder die Klerasie/Persoonlike ongespesifiseerde items onder die Alle Risiko afdeling ge-eis word nie.
    Die volgende items (onder andere) moet gespesifiseer word om dekking te geniet:

    • Juweliersware

    • Selfone

    • Skootrekenaars

    • i-pods

    • GPS’e

    • Kameras

    • Fietse

    • musiek instrumente

    • brille / sonbrille

    • kompak skywe

    • leerbaadjies

    • karavaan inhoud

    • kampeer toerusting

    • vuurwapens



    Indien nie korrek nie, lys asseblief die items en waardes wat bygevoeg/verwyder moet word:

    Afskrifte van die jongste waardasie sertifikate (jonger as twee jaar) van alle juweliersware wat op u polis gespesifiseer is moet asseblief aan ons kantoor gestuur word. U kan dit hieronder aanheg:



    ANDER BELANGRIKE INLIGTING OM TE OORWEEG:
    Het u onlangs ‘n nuwe motor, selfoon, eiendom, elektroniese toerusting, juwele of enigiets van waarde aangeskaf wat moontlik nie op u polisdokument verskyn nie? (Dink ook aan geskenke wat u ontvang het.)



    Ry u minder as 15,000 km per jaar met u voertuig? (U mag dalk voordeel trek uit ‘n produk waar u minder betaal aan motorversekering.)


    Besit u eiendom wat tans huiseienaars versekering (geboue versekering) by ‘n bank/ander instansie geniet? (In meeste gevalle kan ons ‘n baie laer premies aanbied as banke):

    Is daar enigiets wat u graag onder ons aandag wou bring? U kan ook enige dokumente hieronder aanheg wat u wil hê ons na moet kyk:

    Neem asseblief kennis van die 24-uur noodnommers wat geskakel kan word in ‘n noodgeval.
    (datum)

    Expert Financial Advice

    Our advisors will guide you with the right policy options.

    Get a Quote

    Our Partners

    Vision Brokers has partnered with South Africa’s best Short Term Insurance Providers & Underwriters.